Australia Free Web Directory

Brisbane Afrikaanse Kerk | Community organisation



Click/Tap
to load big map

Brisbane Afrikaanse Kerk

Phone: +61 488 054 024



Reviews

Add review



Tags

Click/Tap
to load big map

24.01.2022 Moet nie die Sondag se diens misloop nie. Nagmaal word bedien tydens albei dienste. Bespreek nou jou plek deur die skakel te volg http://bak.org.au/kalender/



24.01.2022 Volg gerus die skakel onderaan vir vanoggend se diens. SONDAG 15 NOVEMBER PREDIKER : Ds. Gawie Cloete TEMA: Hoe leef ek my belydenis uit tussen mense wat nie vir Christus openlik aanbid nie?... SKRIFLESING: 1 Petrus 2:11-17 https://www.youtube.com/watch

22.01.2022 Maak seker jy mis nie uit op hierdie wonderlike pryse nie! Koop jou raffle kaartjies nou!

21.01.2022 Ons web is nou Online !! www.bak.org.au Agv. die Covid limiet met 54 mense per diens moet ons plekke boek. Daar is twee dienste: 8:30 en 10 vm (Let op nuwe tye!!)... Van nou af doen ons dit deur ons web. Dit is redelik eenvoudig. Sien asb. die aangehegde dokument vir instruksies. Indien die diens vol bespreek is, bespreek op die ander diens of stuur asb. epos na: [email protected] om op wag lys te kom. (Daar is meestal kansellasies) Belangrik: as jy nie diens kan bywoon nie, laat ons asb. weet, sodat ons jou kan Un-register om plek te maak vir ander. Vir enige hulp, stuur asb. epos na: [email protected] PS: Daar is geen Sondag skool tydens vakansie, maar al die Tweede Diens mense: Kom asb. 9:30 vm. - dan kuier ons lekker saam om n koppie koffie tussen 9:30 en 10vm. Liefde in Christus



21.01.2022 Al kan jy dalk nie Saterdag se Smul Lekker Skaapbraai bywoon nie, kan jy nogsteeds in aanmerking kom vir die gelukkige trekking pryse. Kaartjies te koop teen $5 per kaartjie of $20 vir 5 kaartjies. Hiermee wat gewen kan word: Ete vir twee by Albert River Wines in Tamborine ter waarde van $100 geskenk deur Chartfords Accountants... 1,000 Gedrukte besigheidskaartjies geskenk deur Express Print and Sign Microdermabrasion Facial ter waarde van $60 geskenk deur Beauty on Bayside Geskenkpak ter waarde van $50 geskenk deur The Biltong and Jerky Shop Carindale Geskenkpak ter waarde van $50 geskenk deur Wild Zebra Marketing and Promotional Gifts $90 Geskenkbewys vir n haarbehandeling geskenk deur The Colour Palette - Kontak Leatitia - 0452 631 610 2 x Coles Geskenk bewyse ter waarde van $50 elk 1 (een) fotografiesessie vir n baba van ongeveer 4 maande en ouer of n kleuter van nie ouer as 6 jaar nie. Dit behels die sessie, sowel as 6 (ses) 5 x 7 gedrukte fotos geskenk deur Dalene Pretorius Photography Grimering geskenkpak ter waarde van $100 $50 Geskenkbewys van IJuba Jewellery 2 x Heerlike kospakkies geskenk deur Elnas Koeksisters Kontak Sunel om jou kaartjies te koop - 042 420 0155 of [email protected].

21.01.2022 Ons diens gaan voort moreoggend om 9 uur. Ons het die Covid veiligheidsplan in plek en daarom mag ons die diens hou, solank ons streng by die reels bly. (Gatherings in private homes and public spaces will be restricted to a maximum of 10 people. These limits do not apply to businesses operating under a COVID Safe plan.)

20.01.2022 Dalene en Robbie Pretorius het ons seniors heerlik bederf met 'n ete by hulle huis.



20.01.2022 Ons was weer so Geseënd om twee vol bespreekte dienste te gehad het vanoggend. As jy vêr is of nie kon bywoon nie, hiermee n skakel waar jy na die diens kan gaan kyk. https://www.youtube.com/watch

19.01.2022 Ons is ook nou op Instagram as julle ons wil volg @brisbaneafrikaansekerk. https://www.instagram.com/brisbaneafrikaansekerk/

19.01.2022 Ken jy iemand wat iets ouliks van die huis af maak? Ons het n paar stalletjies by die skaapbraai teen $50 n stalletjie en sal nog n paar mense wil hê om uit te stal. Dit gaan n heerlike dag wees. Die kaartjies is uitverkoop en daar gaan 140 mense wees. Wonderlike blootstelling! Vra hulle asb om ons te kontak - [email protected] vir aandag Sunel.

16.01.2022 Het jy al jou raffle kaartjies gekoop vir die Smul Lekker Skaapbraai? Hier is wat jy kan wen: Ete vir twee by Albert River Wines in Tamborine ter waarde van $100 geskenk deur Chartfords Accountants. 1,000 Gedrukte besigheidskaartjies geskenk deur Express Print and Sign... Microdermabrasion Facial ter waarde van $60 geskenk deur Beauty on Bayside Geskenkpak ter waarde van $50 geskenk deur The Biltong and Jerky Shop Carindale Geskenkpak ter waarde van $50 geskenk deur Wild Zebra Marketing and Promotional Gifts Halfkop foils en blaas geskenk deur The Colour Palette - Kontak Leatitia Liebenberg - 0452 631 610 2 x Coles Geskenk bewyse ter waarde van $50 elk Baba vanaf 4 maande tot kinders van 6 jaar jaar foto sessie ter waarde van $150 geskenk deur Dalene Pretorius Photography. Grimering geskenkpak ter waarde van $100 Kaartjies is $5 vir een of $20 vir 5. Kontak ons gerus via PM as jy kaartjies wil koop.

15.01.2022 As julle nie in Brisbane woon nie maar graag na ons dienste wil luister, gaan teken gerus aan op ons You Tube kanaal. Ons pos die preke elke Sondag daar. https://www.youtube.com/channel/UC5Ok-d7b_SwQQaDYGyQMNSA



14.01.2022 Voorbereiding vir die Smul Lekker Skaapbraai is aan die gang! Sien julle later!

13.01.2022 Die erediens begin Sondag 23 Augustus om 9:00vm en die voorsang begin 5 minute voor die tyd. 15 London Street, Eight Mile Plains, Seventh day Adventist Church. Francois van der Walt lei die diens en hy gaan lees uit Johannes 4:1-26, 28-30, 39-42. Die tema is: JESUS EVANGELISEER.

13.01.2022 KERSSANGDIENS - 6 Desember Kom geniet 'n heerlike aand van saam kuier en saam sing. Bring 'n bordjie eetgoed saam en kom kuier heerlik saam vanaf 17:00. Die diens begin om 19:00 en word by 15 London St, Eight Mile Plains gehou. Bespreek nou jou plek by http://bak.org.au/event/kerssangdiens/

12.01.2022 Ons webtuiste is aanlyn! Gaan loer gerus.

12.01.2022 Volg gerus die skakel onderaan vir vandag se diens. 1 November DS GAWIE CLOETE 1 PETRUS 1:13-21 ... AS DIT NOG BETYDS IS... MY SONDE EN GOD SE HEILIGHEID https://www.youtube.com/watch

12.01.2022 Hallo almal, Die tyd het amper aangebreek vir die Brisbane Afrikaanse Kerk se Smul Lekker Skaapbraai! Nog net een week om te gaan. Ons sien uit daarna om julle almal daar te ontmoet. Hier is 'n paar reëlings vir die dag:...Continue reading

12.01.2022 SLEGS 11 DAE OOR TOT ONS KALORIE BOOSTER BASAAR!! Bespreek GRATIS jou plek deur die skakel te volg http://bak.org.au/event/kalorie-booster-basaar/ Daar is stalletjies beskikbaar vir persone/besighede wat hulle produkte/dienste wil bemark.... Besighede - $100 per tafel. Individue - $50 per tafel. Stuur vir ons ‘n epos om jou tafel te bespreek by [email protected] MOET DIT NIE MISLOOP NIE!

10.01.2022 Het jy 'n besigheid wat jy wil bemark? Kontak ons gerus om 'n stalletjie te bespreek by ons Kalorie Booster Basaar. Ons verwag so 400-500 mense. Daar is stalletjies beskikbaar vir persone/besighede wat hulle produkte/dienste wil bemark.... Besighede - $100 per tafel. Individue - $50 per tafel. Stuur vir ons ‘n epos om jou tafel te bespreek by [email protected] Indien jy net die basaar wil bywoon, bespreek GRATIS jou plek deur die skakel te volg http://bak.org.au/event/kalorie-booster-basaar/

09.01.2022 Die erediens begin Sondag om 9:00vm en die voorsang begin 5 minute voor die tyd. 15 London Street, Eight Mile Plains, Seventh day Adventist Church. Pastoor Karel Botha lei die diens en hy gaan lees uit Josua 1:9 en Efesiers 6:10, die tema is: Wees Sterk.... Ons hoop om julle daar te sien!

08.01.2022 Sondag 6 September is Ds Gawie Cloete se intreepreek. Skriflesing: Matteus 14: 22 32 Tema: ONS GOD VAN WONDERWERKE. Omdat die 9vm diens vol bespreek is, gaan ons probeer dit te "Live Stream" op YouTube.... Die link is: https://www.youtube.com/channel/UC5Ok-d7b_SwQQaDYGyQMNSA/ As dit nie werk, sal ek n Zoom link stuur. Daar is nog n paar plekke oop vir die 10.30vm diens PS: Terwyl jul op ons Chanel is, subscribe asb.

08.01.2022 SONDAG 13 SEPTEMBER Brisbane Afrikaanse Kerk Agv. die Covid reëlings dat ons net 50 mense in die kerkgebou kan wees, hou ons weer 2 dienste: 9.00vm en 10.30vm. Antwoord asb. asap watter diens julle wil bywoon en hoeveel mense kom. Stuur asb n epos na [email protected].... Van 10vm en 10:30vm is daar Sondagskool so bring al die kinders saam asb. Al die 10:30 mense: Kom asb. 10vm - dan kuier ons lekker saam om n koppie koffie. Liefde in Christus

08.01.2022 Daar is nog n paar plekke beskikbaar vir die 10:30 diens eerskomense Sondag. As daar nog mense is wat belangstel om Ds Gawie Cloete se intree-diens by te woon, stuur asb vir ons n boodskap.

08.01.2022 Brisbane Afrikaanse Kerk - SONDAG 13 SEPTEMBER 2020 Sondag 13 September het ons weer 2 dienste, 9vm is reeds volbespreek, 10.30 het nog plek, stuur asb n email aan [email protected] om jou plek by die diens te verseker. Besoekers is baie welkom!!... Skriflesing: Jona 1:1-16. Tema: WAT MAAK EK EN JY AS GOD ONS ROEP? Almal drink 10 uur, tussen die twee dienste, saam koffie. 15 London Street, Eight Mile Plains, Seventh day Adventist Church.

07.01.2022 Volg gerus die skakel onderaan vir vandag se diens SONDAG 8 NOVEMBER PREDIKER : Ds Gawie Cloete TEMA: Laat julle opbou tot ‘n geestelike huis... SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10 https://www.youtube.com/watch

06.01.2022 Smul Lekker Skaapbraai Raffle Pryse. Koop jou kaartjies nou! Een vir $5 of 5 vir $20. *Ete vir twee by wynplaas in Mt Tamborine ter waarde van $100 geskenk deur Chartfords Accountants *1,000 Gedrukte besigheidskaartjies geskenk deur Express Print and Sign... *Microdermabrasion Facial ter waarde van $60 geskenk deur Beauty on Bayside *Geskenkpak ter waarde van $50 geskenk deur The Biltong and Jerky Shop Carindale *$50 Visa kaart geskenkbewys geskenk deur Wild Zebra Marketing and Promotional Gifts *Halfkop foils en blaas geskenk deur The Colour Palette - Leatitia Liebenberg - 0452 631 610

04.01.2022 Die erediens is Sondag 30 Augustus om 9:00vm en ons begin 5 minute voor die tyd saamsing. 15 London Street, Eight Mile Plains, Seventh day Adventist Church. Pastoor Karel Botha lei die diens en die teksvers is Rom 8:18. Die tema is: DIE DOEL VAN LYDING. SONDAGSKOOL... Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat die Sondagskool hierdie week begin. Kom ons werk almal saam om dit n sukses te maak en bring die kinders Sondag kerk toe, nooi ook vriende met kinders. Enige navrae kan gerig word aan Johann de Beer - 0430 012 167. DIENSBEURTE Tee: Hanlie Oosthuizen, Marieta Pretorius Ouderling aan diens: Johann de Beer Musiek en Klank: Kitty, Laurentia, Rowen, Coen. Oorhoofse projekter: Johan Steyn

04.01.2022 Dankie Karel vir n wonderlike bediening vandag!

03.01.2022 En so het BAK sy eerste basaar, die Kalorie Booster Basaar gehou en was dit 'n enorme sukses! Wat hierdie basaar nog meer interessant gemaak het was die feit dat dit hoofsaaklik deur die manne in die gemeente gereël is. Baie dankie. Julle het julle knap van jul taak gekwyt en kan in die volgende jare so aanhou! Ook aan die vrou agter elkeen van hierdie "suksesvolle" manne, baie dankie! Meer as 500 mense het die basaar besoek. DIT wil gedoen wees! Ons maak volgende jaar weer so

02.01.2022 Enige uitstallers?

02.01.2022 Hoe ongelooflik Geseënd is ons nie om twee dienste te gehad het vanoggend nie. Altwee tot op kapasiteit vol volgens Covid reëls. Baie welkom aan Ds. Gawie en Alba en dankie aan almal wat bygewoon het. Hier is n skakel na die diens indien jy dit nie kon maak nie. https://www.youtube.com/watch

02.01.2022 Die erediens begin Sondag, 16 Augustus om 9:00vm en die voorsang begin 5 minute voor die tyd. 15 London Street, Eight Mile Plains, Seventh day Adventist Church. Pastoor Karel Botha lei die diens en hy gaan lees uit Johannes 10:10. Die tema is: OM VOLUIT TE LEWE.... DIENSBEURTE: Tee: Herna ten Cate, Elna Olivier Ouderling aan diens: Marius Ferns Ons hoop om julle daar te sien!

02.01.2022 BELANGRIKE AFKONDIGING Ons het goeie nuus! Queensland Regering het nuwe Covid reëls aangekondig:... From 4pm Tuesday 17 November 2020: Indoor premises: Increase from one per person per 4m2 to one per person per 2m2 (e.g. restaurants, cafes, pubs, clubs, museums, art galleries, places of worship, convention centres and Parliament House). So ons kan nou meer mense in ons kerk akkommodeer. Daarom gaan daar vanaf 22 November SLEGS EEN diens om 08:30 wees. Sondagskool sal soos normaal verkeer vanaf 09:30 10:00. Ons sien baie daarna uit om meer mense saam in ‘n diens te hê, lekker saam te sing en mekaar so ook beter te leer ken.

Related searches