Australia Free Web Directory

Deo Gloria Community Church Rockingham in Mandurah, Western Australia | Non-profit organisation



Click/Tap
to load big map

Deo Gloria Community Church Rockingham

Locality: Mandurah, Western Australia



Address: Badgerup Avenue Mandurah, WA, Australia

Website: http://www.deogloriarockingham.com/

Likes: 421

Reviews

Add review



Tags

Click/Tap
to load big map

25.01.2022 Stuur asseblief resepte van oumas, oupas, tannies, ma's of van jou eie. Dit kan 'n oorsponklike handgeskrewe ene wees en is welkom om 'n naam by te sit. Dit sal dan in engels vertaal word en langs of onder oorspronklike. Kom ons hou ons resepte aan die lewe



24.01.2022 Search for clues and solve the mystery - who knows you might just find...Join us 6pm for Friday Night Youth we will be talking about clues to coping with stress after cluedo. Secret Harbour Community Centre

23.01.2022 Deo Gloria Oggend Diens - 15 November 2020 Prediker: Peet Grobbelaar TEMA: Woorde / Words Skriflesing/Scripture reading - Jakobus/James 3:1-12... Worship backing tracks used with permission from iSingWorship CCLI no: 378286

23.01.2022 https://vimeo.com/448221461



22.01.2022 https://vimeo.com/476766274

19.01.2022 https://youtu.be/E7QIaJjBf-w

19.01.2022 Share asb ... nog net 6 weke



19.01.2022 https://vimeo.com/457388954

16.01.2022 https://youtu.be/lsVam9KrLVk

16.01.2022 https://vimeo.com/455150166

16.01.2022 Daar is wonderwerkende krag in die Naam van Jesus. Ek nooi jou uit om Sondag 9:00 saam met God en Sy kinders te kuier. Moenie dit mis nie. Sien jou daar.Daar is wonderwerkende krag in die Naam van Jesus. Ek nooi jou uit om Sondag 9:00 saam met God en Sy kinders te kuier. Moenie dit mis nie. Sien jou daar.

15.01.2022 Hi manne kom saam en geniet n boodskap van Ds Peet Grobbelaar en kom as mans en seuns saam om so klein bietjie nader aan GOD en die natuur te wees groete



14.01.2022 Remember Youth tonight at 6 pm

13.01.2022 2020 se hoofseun, Jan du Toit, deel vandag sy getuienis van hoop met ons. Sy woestynervaring. Ongeredigeer. Uit sy hart. Vandag het iets met my gebeur wat my ge...raak het, soos ek nog nooit in my lewe geraak is nie. Die laaste paar weke het dit vir my gevoel asof alles net eenvoudig skeefloop. Dit wat moes gebeur het vir my as 'n matriek hierdie jaar, het toe nooit gebeur nie. Daar was soveel goed waaroor ek getwyfel het en wat aan my geknaag het oor die deel van die jaar wat verby is, en die deel wat nog kom. Ek kon net eenvoudig nie verstaan hoekom die Here my 'n pad vol foute en teleurstellings laat stap het die jaar nie. Ek het baie gebid en gedink, ek het vir myself gesê dat die Here tog 'n groter plan vir ons almal die jaar moet hê. Met die rekordeksamen wat voorlê, kon ek voel hoe die Here met my werk. Ek het besef dat ek alles agter my moet sit, aan die Here moet vashou en dat ek net moet vertrou dat alles op die ou end goed sal uitdraai, maar kort-kort was daar maar weer 'n slegte dag, en ek kon net eenvoudig nie ten volle op die Here vertrou nie. Al die slegte goed het bly knaag aan my, al wou ek dit hoe graag vergeet. Vandag was een van daai dae. Ek het my ma-hulle vandag in die mall gekry. Ek het na my ma toe gestap en haar 'n drukkie gegee wat ek al vir 'n rukkie nodig gehad het. "Mamma ek's nou moeg vir hierdie plek. Ek wil nou klaarmaak. Niks is meer lekker hier nie. Alles is 'n teleurstelling, ek wil nou net klaarmaak." "Ai my kind!" Wat meer kon sy gesê het? Sy het wel geweet dat haar seun altyd beter voel as sy maag vol is. Terwyl ons in Mugg & Bean sit, stap Mam Sotho daar verby. Ek spring op en gaan groet haar. Ons gesels lank. "Jy's 'n goeie kind ou Jan. Jy's lekker windgat, maar ek like dit, jy gaan nog ver in die lewe kom". Tipies Mam Sotho... Sweet and short... Dit was een van vele komplimente wat net gaatjies van 'n groot letsel kon toemaak. En TOE gebeur iets wat verseker my keerpunt in die jaar is. 'n Oom stap toe na my toe. Ek gaan nie sy naam noem nie, maar ek glo hy weet wie hy is. Ek ken die man van geen kant af nie. Hy't my in my skoolklere gesien en aangeneem dat ek in Voortrekker is. Hy begin toe met my praat oor die rugby, en oor alles wat so sleg is agv die omstandighede waarin onsself bevind. En uit die bloute begin hy my vertel van hoe hy gevoel het as 'n seun van my ouderdom en hoe die Here tot sy redding gekom het. En sonder om enige iets vir hom te sê terwyl hy die goed vir my vertel, sê hy vir my die volgende asof hy my al jare lank ken: "Jan alles gaan fine wees, die Here het ons pad vir ons klaar deur die woestyne van ons lewens geteer. Glo en vertrou net op Hom. Gee al jou worries vir die Here en sit dit agter jou. Fokus net op Hom, want Hy sal vir jou sorg." En toe gee hy vir my hierdie stukkie: Romeine 8:14-15 ; 'Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God, hulle is God se kinders. Die Gees wat julle ontvang het, is nie 'n Gees wat weer van julle slawe van vrees maak nie. Julle het die Gees van ware kindwees ontvang en deur hierdie Gees roep julle uit tot God: Abba, ons Vader.' Ek sê toe: "Baie dankie oom, oom moet n mooi dag hê, dit beteken baie." Ek besef toe eers wat gebeur het toe ek die volgende hap van my burger vat. Die Here het my gebede verhoor. Hy het hierdie oom vir my gestuur vandag... En voor ek myself weer kon kry, is ek in trane. Ek wil hê dit moet stop, maar ek kan dit nie keer nie. Niemand in Mugg & Bean kan verstaan hoekom die kind so huil nie, maar hoe meer ek dit wil stop, hoe meer loop die trane. Ek staan huilend op, stap na die oom toe en gee hom 'n druk. Ek het in daai oomblik nie 'n bietjie omgegee wat enige iemand van my dink nie, want in daai oomblik, het ek besef hoe groot die Here is en dat Hy regtig my gebede verhoor het. Ek het nog nooit so gevoel nie. Ek het vir die eerste keer in my lewe gehuil omdat ek fisies kon voel hoe die Here my angeraak het, en dis 'n gevoel wat ek nie kan beskryf nie. In n oogwink was dit asof daar 'n berg van my skouers af is. Dis asof ek al die slegte dinge net daar uitgehuil het. Dit was regtig onbeskryflik lekker om te weet dat die Here regtig na my geluister het en dat Hy my wil help. Daai oom het uit die bloute uit gekom, sonder dat ek hom geken het. Dit was amper asof die Here self met my gepraat het. Ek kry elke keer hoendervleis as ek daaraan dink. Die pad van die mall af koshuis toe was nie veel makliker nie. As ek myself weer kry, huil ek, my ma en my sussie van vrede en blydskap. Ek het dadelik na my vriende toe gegaan en hulle vertel wat gebeur het. Ek was net so opgewonde om vir almal te vertel dat die Here waarlik omsien na ons en hoe lekker ervaring dit vir my was om fisies Sy teenwoordigheid aan te voel... Skielik is al my worries net weg. Kom wat wil, geen uitdaging gaan my van hier af weer onderkry hierdie jaar nie, want ek weet dat die Here by my is, en ek glo dit. Ek wens ek kan daai oomblik toe ek besef wat gebeur het, weer en weer en weer herleef. Dis net eenvoudig so lekker.... Ek het wel my burger opgeëet... Vir elke leerder daar buite wat ook voel soos ek gevoel het... En daar is baie. Dit was dalk nie die jaar wat jy wou hê nie en dinge raak maar eentonig en vervelig. Ek weet, maar daar is nie n beter tyd om die Here te kies as nou nie. Gee al jou worries vir Hom, gaan rus by Sy voete, soek jou krag by Hom. Maak nie saak wat gebeur nie, hou jou fokus op Hom. As jy Hom gaan vertrou en 'n verhouding met Hom gaan hê, gaan Hy jou gebede verhoor met oorvloed. Terselfdertyd wil ek mense aanmoedig om nou meer as ooit opbouend teenoor mekaar te wees, mens weet nooit wanneer die Here jou gaan kies om iemand anders se gebede namens Hom te verhoor nie... Psalm 37 en Romeine 8:12-16 -Jan

13.01.2022 https://youtu.be/INHiZEjDpTo

10.01.2022 https://youtu.be/i7RgrM4fOqQ

10.01.2022 https://youtu.be/goVTLZMBKzM

09.01.2022 https://youtu.be/r7dbl69bG-g

09.01.2022 What's my purpose? Samuel was a young boy when God gave him purpose. Join us Friday night as we talk about God's purpose for you. See you 6pm @ Secret Harbour Community Hall. Invite a friend.

07.01.2022 Die kerk is Jesus se verteenwoordiging hier op aarde. Dis een van God se grootste geskenke vir ons. Kom asseblief Sondag 9:00 om saam met God en Sy kinders Hom te aanbid en mekaar raak te leef met Jesus se liefde.Die kerk is Jesus se verteenwoordiging hier op aarde. Dis een van God se grootste geskenke vir ons. Kom asseblief Sondag 9:00 om saam met God en Sy kinders Hom te aanbid en mekaar raak te leef met Jesus se liefde.

04.01.2022 https://youtu.be/T01eEUSRrow

02.01.2022 https://vimeo.com/450680690

02.01.2022 https://vimeo.com/452982752

01.01.2022 https://vimeo.com/459821342

Related searches