Australia Free Web Directory

Kamp Raaswater in West Coast | Youth organisation



Click/Tap
to load big map

Kamp Raaswater

Locality: West Coast



Address: St Helena Baai West Coast, TAS, Australia

Website:

Likes: 101

Reviews

Add review



Tags

Click/Tap
to load big map

25.01.2022 Kampvuur kuiers is die beste langs die see.



23.01.2022 Die Seekunde en Kuswag groep het die lighuis in St Helenabaai besoek.

23.01.2022 Kamp Raaswater wil net baie dankie sê aan Renette Marais van Dyk van Midwest Karavaan Park. Ons het sowaar baie lekker gekamp by jou karavaan park. Dankie vir al jou moeite om alles altyd mooi op sy plek te hou en die ablusiegeriewe was altyd mooi netjies. Dankie ook vir die snoepie die kinders het dit baie geniet om middae bederfie te kon koop. Jou gasvryheid het ons almal baie welkom en tuis laat voel. Tot ons jou weer volgende jaar sien.

21.01.2022 So het Raaswater ook uitnemende kamper gehad Basjan. Basjan was betrokke by elke spesialisasie. Soggens was hy op parade en ook gehelp by die kombuis om kwaliteit van etes te toets. As daar uitstappie strandlangs was het hy saam gestap. Hy het selfs tot by die rotse geswem en mooi gestaan vir kiekie. Saans het hy kampbeveiliging gedoen en seker gemaak die Offisiere slaap veilig. Sien jou volgende jaar Basjan!



19.01.2022 Die Fotografiespan het elke oomblik vasgelê van Kamp Raaswater hulle was die mediaspan en was daar vir al die aksie. Dankie vir julle bydra om Raaswater herhinderinge te verewig met jul lense.

17.01.2022 Op Kamp Raaswater kry mens Jellie en Vla vir ontbyt!

12.01.2022 Elke oggend begin Raaswater met vlagseremonie.



11.01.2022 Vele hande ligte werk!

10.01.2022 Die Hoofleier en Gebiedsleier het Kamp Raaswater besoek en ook ons kamp amtelik geopen. Dit was baie spesiale dag vir ons Raaswaters.

08.01.2022 Die belangrikste mense op Kamp Raaswater was natuurlik ons Kampkokedore. Hulle het van vroegdag tot laat die potte aan die kook gehou en uit hul opslaan kombuis die heerlikste maaltye voorberei. Baie dankie Salome, Axel en Sofia julle is wenspan!

04.01.2022 Langs die Weskus viswaters met visstok in die hand en vriende vir geselskap goeie Raaswater tye.

01.01.2022 Agtermiddag strand Rugby sorgelose tye!



Related searches