Australia Free Web Directory

Kerk in die Stad in Perth, Western Australia | Religious organisation



Click/Tap
to load big map

Kerk in die Stad

Locality: Perth, Western Australia

Phone: +61 8 6103 4222



Address: 1st vloer, 97 William Straat 6000 Perth, WA, Australia

Website: http://www.perthunitingchurch.org.au

Likes: 92

Reviews

Add review



Tags

Click/Tap
to load big map

25.01.2022 Trinity Uniting Church is hosting a World Day of Prayer service for Zimbabwe on Friday 6 March 2020. Join us as we come together to pray for our country. All welcome. ... See the Facebook event below for more info. https://www.facebook.com/events/520306708922961



25.01.2022 Hallo julle almal Voorspoed vir die nuwejaar. Ons nooi julle almal hartlik uit na ons eerste Afrikaanse Erediens van 2020, eerskomende Sondag, die 26ste January om 8.30vm by Trinity.... Almal van ons begin n nuwejaar met een of twee nuwejaarsvoornemens. Al weet ons dit hou nie lank nie, bly dit altyd n goeie oefening. As Christene dink mens ook baie na oor jou eie lewe, jou bestaansdoel en eie mortaliteit so aan die begin van n nuwejaar. Al waarvan ons seker kan wees aan die begin van n nuwe dekade, is dat ons nie weet wat die toekoms vir ons gaan oplewer nie. Met dit in ons gedagtes besef mens: jy wil en kan nie sonder die Here die lewe deurgaan nie. Jy wil weet en ervaar dat hy langs jou is en soms wil jy Sy stem of fluistering ervaar. Sondag se tema handel oor verskillende maniere hoe ons die stem of die fluistering van die Here in 2020 kan hoor en ervaar. Soos altyd sing ons lekker saam wanneer ons die Here aanbid en prys met uitstekende orrelbegeleiding. Na die diens kuier en drink ons weer lekker sterk filterkoffie en Engelse tee saam. Gratis parkering is soos altyd beskikbaar by die Quay Hotel (voorheen die Esplanade Hotel). Jy betaal self by die outomatiese kaartmasjien op vlak 1 en eis die parkeergeld terug van die kerk soos per instruksie op die agterkant van die erediens blaadjie. Ek sien uit om baie van julle eerskomende Sondag om 8.30vm te sien. Geniet julle week tot dan. Senwense Dr Herman Nienaber

24.01.2022 Rugby Wreldbeker Kerkdiens: 29 September 2019 In 2015 het die Walliese en die Afrikaanse Kerk van Trinity Uniting Church in the City besluit om n gesamentlike kerkdiens te hou in die aanloop tot die Rugby Wreldbekertoernooi in Engeland. Mense uit verskillende rugbygemeenskappe is genooi om die diens by te woon en het die klere van hul onderskeie lande gedra. Die kerk was versier met nasionale vlae en rugbyballe. Die diens het begin met n seremonie waarin die aansteek van... die Christus-kers plaasgevind het. Tydens die seremonie is aangewese ondersteuners vir elke rugbynasie uitgenooi om die vlag van hul onderskeie lande asook n Tee-kers na vore te bring. Die Tee-kers is in n houtkruis geplaas. Die Rugby Wreldbeker-volkslied, The World in Union, is tydens die seremonie gespeel. Daar is verduidelik dat ons op hierdie dag verenig is deur ons geloofserfenis in Christus Jesus, en ook deur ons Rugby-erfenis in ons liefde vir Rugby. Ons het ondersteuners gehad wat Ierland, Skotland, Engeland, Itali, Samoa, Tonga, Fidji, Nieu-Seeland, Australi, Suid-Afrika, Namibi, die VSA, Kanada en ja, selfs n persoon uit Japan, verteenwoordig het. Soos ons almal weet, het Japan die grootste opslae in die geskiedenis van die Rugby Wreldbekertoernooi veroorsaak... Die enigste lande wat nie verteenwoordig was nie, was Argentini, Uruguay, Rusland en Georgi. Die kerk is deur vlae versier en videos is gewys van onvergeetlike oomblikke van die vorige Wreldbeker-toernooie. Daar was n onderhoud met n Christen rugbyspeler wat vir die Western Force gespeel het. Die Skriflesings was baie toepaslik op die preektema, wat n refleksie was van lesse wat mens uit die Bybel leer oor die lewe en hoedat mens die lesse dikwels in sport sien ontvou - veral in die spel Rugby. Na afloop van die diens het ons selfs n rugbyveld koek geniet tydens koffie, tee en verversings! Dit was n vreugdevolle geleentheid en ons het almal baie pret gehad. Die Rugby Wreldtoernooi in Japan in 2019 begin eerskomende Vrydag, 20 September. Ons beplan om weer so n diens op Sondag 29 September om 10vm by die Trinity Uniting Church in die Stad, St Georges Terrace 72, te hou. Kom asb en bring vriende saam na hierdie vreugdevolle viering. Jy sal dit baie geniet en nie spyt wees dat jy dit bygewoon het nie. Rev Dr Herman Nienaber Kerk-in-die Stad

20.01.2022 Hallo julle almal. Ons nooi julle almal hartlik uit na eerskomende Sondag, die 24ste November om 8h30vm, na Kerk in die Stad se jaarlikse Kerssangdiens by Trinity Uniting Church in the City, 72 St Georges Terrace. Gratis parkering is beskikbaar by die Quay Hotel, 18 The Esplanade.... Kerssangdienste bring altyd kosbare herinneringe op. Immigrante wat Christene van ander lande is, praat dikwels met my oor hoe anders Kersfees hier in Australi is, as hul lande van herkoms. Baie vertel my dat ook hulle, hul eie Kerssangdienste, in hul eie taal en tradisie hou. As Suid-Afrikaners het ons elkeen verskillende prentjies wat by ons opkom as ons dink aan Kersfees: van helder somerkersfeestye wat ons met ons ouers en familiede in Suid-Afrika saam deurgebring het, tot verlange en diepe nostalgie. Party van ons se ouers leef nie meer nie en daarom bring geleenthede soos hierdie iets besonders vir ons op uit die verlede. Dis doodnormaal dat tye soos hierdie baie hartseer en vol heimwe is wanneer ons terugdink aan vervlo dae en dat die lewe en die tyd ook vir onsself nie meer stilstaan nie. MAAR, gelukkig gaan Kersfees oor die Here. Die belangrikste van Kersfees is die feit dat dit altyd n fees is! Dit is en bly n Christusfees waarin ons gevul word met die vreugde dat Christus in ons hartseer en gebroke wreld ingekom het om ons almal se lewe en ewige bestemming te kom verander. In aansluiting by hierdie gedagte is vanjaar se tema: Kersfees is veel meer as n sprokie-fees. Kom vier hierdie besondere geleentheid Sondag saam met ons, rondom Woordverkondiging en uitstekende orrelbegeleiding terwyl ons sommer baie bekende Afrikaanse kersliedere sing aangevul deur die versterking van n trompetspeler. Daar sal ook stiller oomblikke wees wanneer ons luister na voorsang deur n bekende Sopraan van Perth. Soos elke jaar geniet ons koffie, tee en verversings in die Lunchroom na afloop van die erediens. Ek hoop om sommer baie van julle Sondag te sien. Hoe meer van julle kom, hoe lekkerder is die samesang. Groete in Christus Rev Dr Herman Nienaber Kerk in die Stad



20.01.2022 Hallo julle almal Ons nooi julle almal hartlik uit na eerskomende Sondag se Afrikaanse Erediens, die 23ste Februarie om 8.30vm by Trinity. Die laaste Sondag van Februarie is vroeg op ons as gevolg van Februarie se kort maand... Iets meer oor Sondag se boodskap. As n mens as kind van die Here deur die lewe gaan, gebeur twee dinge met die meeste van ons iewers deur die loop van die lewe. Ek wil dit paradoksale ervaringe noem. Aan die eenkant beleef ons die Here iewers in ons lewe baie konkreet - dat Hy n God is wat Homself persoonlik openbaar aan ons. In sulke tye voel Hy nie net naby nie maar riel. Party van ons het meer sulke ervaringe en ander dalk selfs net een. Dis onbelangrik hoeveel keer jy dit ervaar. Aan die anderkant gebeur dit ook weer dat ons iewers in ons lewe deur n krisis of n sogenaamde dal van doodskaduwee beweeg - n tyd waarin God ver voel. Hoe ouer mens word, hoe groter die risiko, met geliefdes rondom jou en meer dinge waardeur jy in jou lewe potensiel mag gaan. Sondag se Skriflesing bied ons n kykie in n spesieke gebeurtenis waarin Jesus en Sy dissiepels was waarin hulle juis moes leer dat n wandel met die Here beteken nie net die een of die ander nie maar meestal beide. Dis n unieke verhaal wat baie relevant is vir die tye waarin ons leef. Kom luister na die boodskap en beleef die Here se teenwoordigheid waar ons saam vergader in Sy Naam. Soos altyd sing ons lekker saam wanneer ons die Here aanbid en prys met uitstekende orrelbegeleiding. Jangoo Chapkhana is weer terug van verlof. Na die diens kuier en drink ons weer lekker sterk filterkoffie en Engelse tee saam. Gratis parkering is soos altyd beskikbaar by die Quay Hotel (voorheen die Esplanade Hotel). Jy betaal self by die outomatiese kaartmasjien op vlak 1 en eis die parkeergeld terug van die kerk soos per instruksie op die agterkant van die erediens blaadjie. Ek sien uit om baie van julle eerskomende Sondag om 8.30vm te sien. Geniet julle Vrydag en naweek tot dan. Senwense Dr Herman Nienaber

19.01.2022 It is with great sadness we advise that the Uniting Church in the City is temporarily suspending all programs, activities and worship services in response to the coronavirus pandemic, effective Wednesday 18 March 2020. As a church with many people at risk in our community, it is important that we take all necessary precautions to keep our community safe and well. There will be no programs, activities or worship services held at the Ross Memorial Uniting Church, Trinity Unit...ing Church, Wesley Uniting Church and Trinity and Queens Buildings until 31 May 2020 when the situation will be reviewed. This includes but is not limited to Sunday worship, Open Doors, Perth Prayer, music recitals, Alpha programs, the Trinity Lunch Room, Trinity School for Seniors and prayer groups. In the meantime, the Uniting Church in the City Office will remain open. Please contact us on 6103 4222 or email [email protected] if you have any queries or questions. We will continue to send out regular emails keeping our community updated. If you need more information on the coronavirus pandemic, check out these credible sources below: WA Department of Health Information: www.healthywa.wa.gov.au/coronavirus Coronavirus Information Hotline: 1800 020 080 Travelling Australians: www.smartraveller.gov.au

18.01.2022 Hallo julle almal Sondag om 8.30vm het ons, ons maandelikse Afrikaanse erediens - en ja ons is terug by die kerk!. Die diens sal 8h30 by Ross Memorial op die hoek van Colin en Hay Street in West Perth wees. Die restourasiewerk by Trinity maak eers volgende week klaar, en die Sondag na hierdie Sondag (4 Oktober) is Trinity weer voluit in gebruik.... Ross Memorial is 'n pragtige kerk en skep die atmosfeer van 'n historiese Kaapse NG Kerk. Daar is baie parkeerplek in Hay street soos wat jy aankom na die kerk en dis verniet. Daar is by Ross fasiliteite vir kinders en die diens in die kerk sal gevolg kan word vanuit die klein saaltjie wat deel van die kerk vorm. Sondag se tema is die volgende: Vir die Here is dit nooit te laat nie... 'n Dosent van my het eenmaal gesê: "In die bediening sal jy met 'n paar dinge te doen kry wat jy op jou sterfbed sal onthou as jy terug reflekteer op jou bediening as predikant." Ek het in die afgelope week een van daardie uitsonderlike ervaringe beleef. Ek wil dit Sondag graag met julle deel en vanuit die Woord van die Here daarop reflekteer. Ek hoop om sommer baie gesigte te sien. Ongelukkig is die kerk nog nie gereed om dienste te stream nie. Groete en seënwense Rev Dr Herman Nienaber (Kerk in die Stad as deel van die Uniting Church in the City)



18.01.2022 Our first Online Church Afrikaans service is starting soon! Head over to https://perthunitingchurch.online.church We would love you to join us.... Our 10am service at Wesley Uniting Church will also be available via this link. Please note the videos will only appear at the scheduled time.

17.01.2022 Hallo julle almal Ons nooi julle almal hartlik uit na ons Afrikaanse Erediens eerskomende Sondag, die 27ste Oktober om 8.30vm by Trinity. Ek het onlangs begin met n preekreeks by Trinity uit Jakobus 3 waarin dit handel oor die kragtige uitwerking van die gebruik van ons tong waarmee ons praat.... Die reeks strek oor drie weke. Ek bied altyd my reekse so aan dat mens enige deel van die reeks onafhanklik kan volg sonder die ander - amper soos losstaande episodes maar met dieselfde oorkoepelende tema. Almal van ons het al foute begaan met dinge wat ons ges het vir iemand anders, op skool, by die werk, by die huis en so sou ek die lys eindeloos kon aanvul. In die eerste twee preke het ek stilgestaan by die vernietigende krag en effek van woorde. Eerskomende Sondag handel dit oor die krag van opbouende woorde. Dink bietjie aan iets wat iemand opbouends oor jou iewers in jou lewe ges of gespreek het en watter positiewe effek dit op jou gehad het. Ongeag in wat se soort verhouding jy met mense leef, by die huis, werk, skool, na-skoolsouers-kind of huwelik, jy sal verseker Sondag iets waardevols kry uit die Woord van die Here. Soos altyd sing ons lekker saam wanneer ons die Here aanbid en prys met uitstekende orrelbegeleiding. Na die diens kuier en drink ons weer lekker sterk filterkoffie en tee saam. Gratis parkering is soos altyd beskikbaar by die Quay Hotel (voorheen die Esplanade Hotel). Jy betaal self by die outomatiese kaartmasjien op vlak 1 en eis die parkeergeld terug van die kerk soos per instruksie op die agterkant van die erediens blaadjie. Ek sien uit om baie van julle eerskomende Sondag om 8.30vm te sien. Geniet julle week en naweek tot dan. Senwense Dr Herman Nienaber

17.01.2022 Rugby World Cup Church Service Celebrating our Christian & Rugby Heritage In 2015, the Welsh and the South African church communities, decided to have a joint church service at Trinity Uniting Church in the City. The purpose of the service was to celebrate our Christian & Rugby Heritage in the lead up to the Rugby World Cup tournament. People were invited from various rugby communities to attend the service and to wear the supporters gear of their respective nations. The chu...rch was decorated with national flags and rugby balls. The service started off with a ceremony in which the lighting of the Christ candle took place. During the ceremony designated supporters for each rugby nation were invited to bring the flag of their respective nation and a tealight candle. The small flag was brought forward and planted on the communion table and the tealight candle was placed in a wooden cross. The Rugby World Cup anthem, The World in Union, was playing during the ceremony. It was explained that on this day, we were unified by our faith heritage in Christ Jesus and also our Rugby heritage in our love for rugby. We had supporters representing, Ireland, Scotland, England, Italy, Samoa, Tonga, Fiji, New Zealand, Australia, South Africa, Namibia, the USA, Canada and yes, even a person from Japan. As we all know Japan caused the biggest upset ever in the history of the Rugby World Cup. The only countries not represented were Argentina, Uruguay, Russia and Georgia. The church was decorated by flags and videos were shown of memorable moments of the previous World Cup tournaments. There was an interview with a Christian rugby player, playing for the Western Force. The Scripture readings were very applicable to the theme of the sermon that reflected on lessons from Scripture as often seen in the game of rugby. During morning tea we even had cake that was made by someone with a rugby theme. It was a joyous occasion and we all had great fun. The 2019 Rugby World Cup tournament in Japan, starts off on the 20th of September. We plan to have such a service again on Sunday 29 September at 10am at Trinity Uniting Church in the City, 72 St Georges Terrace. Please come and join us for this joyful celebration. See more

12.01.2022 Hallo julle almal Die einde van die jaar is met ons. Voordat die jaar heeltemal verby is, het ons as Christene die wonderlike voorreg om Kersfees te kan vier. Dit bly so gepaste en gesende manier om die jaar mee uit te gaan. As kinders van die Here vier ons Kersfees anders, nie omdat ons beter is as ander nie. Ons vier dit anders omdat ons opnuut besef hoe begenadig ons is om te kan glo dat die kersfeesliggies oor veel meer as die sprokie van Kersvader handel. Vir ons handel...Continue reading

12.01.2022 Hallo julle almal In n vorige epos het ek gemeld dat eerskomende Sondag se 8.30vm Afrikaanse Erediens van Kerk-in-die-Stad, online beskikbaar sal wees, en dat ons die link sal aantuur. Sien die link onderaan hierdie brief. Let asb daarop dat die diens geprogrameer is om eers 8.30vm te begin. Jy kan dus nie vooraf daarna kyk of 5 minute laat in die diens kom en dit dan rewind nie. Dis soos n LIVE erediens, hoewel dit reeds Woensdag vanuit Trinity opgeneem is. ... Jy mag wel n paar minute voor 8.30vm op die online webtuiste gaan en wag tot presies 8.30vm (Wes-Australi tyd), voordat die diens begin. Onthou dat jy dit van jou selfoon, Ipad of rekenaar kan volg. Onthou net om te kliek op die skakel 8.30vm Afrikaanse erediens en nie op die 10vm diens wat vanaf Wesley opgeneem is wat in Engels is. Daardie diens is n Wesley-styl erediens, en Rev Frances Hadfield lewer die boodskap oor n ander teksgedeelte. Ons ALMAL se lewens is onderstebo. Mag Sondag se erediens jou opnuut herinner dat die Here jou lewe in Sy hande het. Net weer wat ek in my vorige brief oor Sondag se erediens ges het. Sondag se preek is na aanleiding van die Skrifgedeelte hieronder. Lees dit solank en dink daaroor na. Jakobus 4:13-17 Afhanklikheid van God 13 Kom nou, julle wat s: Vandag of mre sal ons na di en di stad toe gaan en n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak. 14 Julle wat nie eers weet hoe julle lewe mre sal wees nie! Julle is maar n damp wat n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. 15 Julle moet eerder s: As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen. 16 Maar nou is julle te seker van julleself en praat julle groot. Al sulke grootpratery is verkeerd. 17 As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde. Ek sien julle nie Sondag, maar julle sal my wel sien. Indien julle my vir pastorale berading wil kontak, kontak my by [email protected] Ek het Zoom conference en ons kan maklik gesels. Volgende week kommunikeer ek met julle oor hoe julle die Alpha kursus, n gebedskursus en n Bybelstudie uit die boek Filippense deur zoom saam met my kan doen. Bly dus op die uitkyk want hierdie tyd van isolasie bring nuwe geleenthede vir die kerk. Baie sterkte met julle ALMAL se lewens. As jy beangs raak, weet net ons elkeen se lewens is onderstebo. Ons is kinders van die Here en ons is ALMAL saam hierin... Die Here sal ons nie in die steek laat nie. Sondag se link: https://perthunitingchurch.online.church/ Senwense Dr Herman Nienaber



12.01.2022 Please share with your friends

11.01.2022 Hallo julle almal In n vorige skrywe, het ons julle daarop gewys dat as gevolg van die City to Surf marathon, ons gebruiklike einde van die maand erediens vir Augustus, aangeskuif word met n week. Met Sondag wat die 1ste van die maand is, mis ons Augustus met net agt en n half ure. Ons nooi julle daarom almal hartlik uit na ons Afrikaanse Nagmaalsdiens eerskomende Sondag, die 1ste September om 8.30vm by Trinity. Ek het onlangs begin met n preekreeks by Trinity wat handel... oor gebed. Die reeks strek oor vyf weke en vind nie noodwendig elke Sondag aaneenlopend plaas nie, as gevolg van onderbrekings met spesiale musiekdienste, gaspredikers of gesamentlike Uniting Church in the City eredienste met Ross Memorial en Wesley. Ek het reeds vier van die vyf temas behandel waarvan tema twee, En wat van gebede wat nie beantwoord is nie, by die vorige Afrikaanse diens behandel is. Eerskomense Sondag kom die laaste tema aan die beurt: Volhardende gebed. My invalshoek gaan wees dat, al sukkel ons soms om te verstaan waarom sekere gebede nie beantwoord word nie (soos ons gesien het uit die vier Bybelgedeeltes van laaskeer), die Here ook die Een is wat ons in Sy Woord ook oproep om te bly bid, om nie moed op te gee en om selfs versoeke van Hom af te smeek. Ek wil daarom ook die verskynsel van gebed en vas aanraak. Die vorige tema en eerskomende Sondag se tema mag klink asof hulle paradoksaal teenoor mekaar staan. Maar, die pad van geloof bestaan juis ook in die balansering en aanvaarding van paradokse in ons wandel met die Here. Ek gaan die boodskap baie eenvoudig en prakties hou. Soos altyd sing ons lekker saam wanneer ons die Here aanbid en prys met uitstekende orrelbegeleiding. Na die diens kuier en drink ons weer lekker sterk filterkoffie en tee saam. Gratis parkering is soos altyd beskikbaar by die Quay Hotel (voorheen die Esplanade Hotel). Jy betaal self by die outomatiese kaartmasjien op vlak 1 en eis die parkeergeld terug van die kerk soos per instruksie op die agterkant van die erediens blaadjie. Ek sien uit om baie van julle eerskomende Sondag om 8.30vm te sien. Geniet julle week en naweek tot dan. Senwense Dr Herman Nienaber See more

10.01.2022 ! We would love you to join us as we celebrate being able to worship together in person again in our beautiful churches! ... cnr Colin & Hay Street, West Perth 9.30am Corner William & Hay Street, Perth 10am Your safety is our priority and so we do ask that if you are planning to join us that you practise physical distancing and good hand hygiene. For more information visit www.perthunitingchurch.org.au We look forward to you joining us for worship!

08.01.2022 Hallo julle almal. Ons nooi julle almal hartlik uit om te kyk na ons Afrikaanse Nagmaalsdiens op Goeie Vrydag 10 April om 8.30vm opgeneem uit Trinity Uniting Church. Vrydag gaan ons vanuit die Nuwe Testament terugstap op die spore van die Ou Testament, waarin God se heilsplan vir die wreld, telkens nuwe flitse na die toekoms kom bied het. ... In Jesus kom al hierdie flitse bymekaar op die dag waarop Hy sterf. Ons wil julle nooi om vooraf n stukkie brood en wyn gereed te h omdat ons ook online Nagmaal gaan vier. Die tema is: Die Finale Offer. Wat betref die res van die komende Paasnaweek. Vanaand om 7.00nm is nog n besonder diens in Engels beskikbaar. Iets meer oor vanaand se diens in die woorde van Hannes: Vanaand as die son op die horison sak en die laaste sonstrale verdwyn, wil ek jou graag uitnooi om saam met my terug te stap in die geskiedenis... Dit is Donderdag, die dag voor die fees van die ongesuurde brode, ook bekend as Paasfees. Van heinde en verre het mense na Jeruslem gestroom om die gebeure van meer as 2600 jaar gelede te vier toe God hulle voorouers van slawerny uit Egipte bevry het. Deesdae is Paasfees egter met n effe bitter-soet smaak gevier, want die vreugdevolle dae van n nuwe begin in n land wat oorloop van melk en heuning was nou amper vergeter onder die juk van die Romeinse Ryk. Hierdie paasnaweek sou egter anders wees as enige ander van te vore... Sluit gerus vanaand om 7nm by ons aan (deur op die skakel the volg https://perthunitingchurch.online.church/), as ons na n aantal fotos van daardie Donderdag kyk en nadink oor die betekenis daarvan toe, sowel as vandag... Mre oggend se diens is ook op dieselfde skakel. Let asb daarop dat die diens eers beskikbaar is op die tyd wat aangedui is. Mag die komende Paastyd vir jou en jou gesin ten spyte van hierdie besondere vreemde Cora-tyd n besonderse belewenis wees van God se opofferende genade en liefde wat Hy in Christus vir n gebroke wreld kom bied. Pas julleself goed op en bid asseblief elke dag ook vir al die mense van Suid-Afrika. Senwense Herman Nienaber en Hannes Halgryn Kerk in die Stad as deel van die Uniting Church in the City

08.01.2022 Hallo julle almal Sondag om 8.30vm het ons, ons maandelikse Afrikaanse erediens. Dit gaan op ZOOM wees en nie soos die vorige diens n voorafopname wat gestream gaan word nie. Jy kan reeds van 8.25vm inskakel hoewel die diens eers om 8.30 sal begin. Ek het na my eerste Zoom erediens verlede Sondag n hele paar dinge geleer. Dit gaan vir jou voel of jy in Trinity is of amper. Jangoo gaan op die klavier speel wat vooraf opgeneem is. Jy sal sien my virtuele agtergrond is die ...van Trinity se kerk, so dit sal bietjie bekend voel. Die van julle wat nog altyd iemand wou saamnooi, hierdie is maklik, stuur net die link en die tyd vir hulle aan. Jy kan of vanaf jou rekenaar kyk as jy Zoom daarop afgelaai het; of jy kan vanaf jou smartfoon (slimfoon) kyk, solank jy net die Zoom Cloud App wat gratis is, afgelaai het op jou foon. Die, na-die-tyd saamgesels werk uitstekend en is baie positief ervaar. Probeer asb om reeds teen 8.30vm in die diens te wees om net n paar Zoom erediens etikette, wat ek vooraf wil verduidelik, te hoor. Dit is belangrik om dit te hoor sodat die diens gemaklik vloei en nie onnodige klankversteurings veroorsaak nie, veral wanneer stil meditatiewe momente belangrik is. Ek dink julle sal almal met my saamstem dat die tyd waarin ons leef ons almal diep laat nadink oor ons eie lewe. Ons ALMAL se lewens is onderstebo. Wat kan ons vanuit die Woord van die Here leer in n tyd soos hierdie? Die afgelope Sondag het ek by die Engelse diens met n kort reeks van twee Sondae begin onder die tema: Wat leer die Bybel ons oor die Opstanding van Jesus in die lig van die Carona Pandemie? Ek het vier van 8 lesse behandel. Eerskomende Sondag gaan ek die vorige Sondag se 4 lesse in 5 minute opsom en dan oorbeweeg na die volgende vier. Ek hoop om sommer baie gesigte te sien. Senwense Dr Herman Nienaber (Kerk in die Stad as deel van die Uniting Church in the City) Sondag se Zoom link: Topic: Trinity Afrikaans Church Service 8.25am Time: Apr 26, 2020 08:25 AM Perth Join Zoom Meeting https://us02web.zoom.us/j/89870699267 Indien Zoom te moeilik is vir jou kan jy net inbel op jou foon en slegs luister deur die nommer hieronder te skakel: No Internet. Dial by telephone: (08) 7150 1149 Meeting ID: 898 7069 9267

08.01.2022 Ons nooi julle almal hartlik uit na ons Afrikaanse diens op Goeie Vrydag 19 April om 8.30vm by Trinity. Na die diens drink ons saam koffie en tee met "hot-cross buns". Daar sal ook paaseiers vir die kinders wees. Daar sal ook n spesiale kort boodskap vir die kinders wees gedurende die diens. ... Vrydag gaan ons n tre teruggee in die Ou Testament na een van die mees profetiese Psalms wat ons letterlik by die voet van die kruis op Golgota laat stilstaan. Die tema is: Die dag toe God verdwyn het... Wat betref die res van die komende paasweek. Sondagoggend 6.30vm is daar n Engelse sonsopkomsdiens in Roe Gardens, Kings Park. Dit word deur verskillende kerke se mense bygewoon en dis iets besonders om sonsopkoms in die park te beleef en na te dink oor Christus se opstanding. Ons sing ook altyd die bekende Opstandingsliedere saam. Ds. Hannes Halgryn lei die diens. Ek wil julle aanmoedig, indien enigsins moontlik, om ook die diens by te woon. Gratis parkering is soos altyd beskikbaar by die Esplanade Hotel of as dit toe is mag jy enige ander parkeergarage gebruik. Jy kan die parkering op die vorm terugeis van die kerk. Mag die komende Paastyd vir jou en jou gesin n besonderse belewenis wees van God se opofferende genade en liefde. Dr Herman Nienaber Kerk in die Stad as deel van die Uniting Church in the City

07.01.2022 Hallo julle almal. Soos julle almal seker bewus is, vind die City to Surf marathon die laaste Sondag van Augustus plaas. Dit is chaos op daardie Sondag en die laaste paar jaar het ons die Afrikaanse diens van die einde van Augustus geskuif na die daaropvolgende Sondag en ook dan n Nagmaalsdiens gehou. In die lig hiervan is daar soos ander jare geen Afrikaanse erediens eerskomende Sondag nie.... Die diens vind plaas op die 1ste September om 8.30vm wanneer dit n Nagmaalsdiens sal wees. Meer oor die 1ste September in volgende week se brief. Senwense en groete Herman

07.01.2022 Parenting Children and Parenting Teenagers Courses Need help with Parenting? Join us for a free course and lunch.... Parenting Children Course For parents or carers with children up to 10 years Topics included: Building a strong family Meeting our childrens needs Setting boundaries Teaching healthy relationships Our long term aims Parenting Teenagers Course For parents or carers with children aged 10 to 18 years and those younger who wish to prepare for the teenager years Topics included: Keeping the end in mind Meeting their needs Setting boundaries Developing emotional health Helping our teeangers make good choices Hosted at Wesley Uniting Church, cnr William & Hay Streets, Perth) Tuesday 30 April to Tuesday 2 July, 12 noon to 1pm RSVP (for catering) to [email protected] or 0421 239 144

06.01.2022 Hallo julle almal Wie sou kon droom by die laaste erediens dat ons onself hier sou bevind? Ons ALMAL se lewens is onderstebo. Die goeie nuus is egter dat alhoewel ons nie Sondag n fisiese erediens gaan h nie, ek mre n opname uit Trinity laat maak vir eerskomende Sondag se Afrikaanse erediens en ook vir die Goeie Vrydag erediens. Julle sal uit die gerief van julle eie huise ons erediens kan volg. Ons sal teen Vrydag vir jou die link stuur.... Iets meer oor Sondag se boodskap. Ek gaan die Skrifgedeelte van Sondag by julle laat wat alles s - die preek gaan daaroor. Jakobus 4:13-17 Afhanklikheid van God 13 Kom nou, julle wat s: Vandag of mre sal ons na di en di stad toe gaan en n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak. 14 Julle wat nie eers weet hoe julle lewe mre sal wees nie! Julle is maar n damp wat n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. 15 Julle moet eerder s: As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen. 16 Maar nou is julle te seker van julleself en praat julle groot. Al sulke grootpratery is verkeerd. 17 As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde. Ek sien julle nie Sondag, maar julle sal my sien. Baie sterkte met julle ALMAL se lewens - ons elkeen se lewens is onderstebo en ons is ALMAL saam hierin... Senwense Dr Herman Nienaber

01.01.2022 Hallo julle almal Ons nooi julle almal hartlik uit na ons Afrikaanse diens eerskomende Sondag, die 28ste Julie om 8.30vm by Trinity. Ek het onlangs begin met n preekreeks by Trinity wat handel oor gebed. Die reeks strek oor vyf weke en vind nie noodwendig elke Sondag aaneenlopend plaas nie, as gevolg van onderbrekings met spesiale musiekdienste, gaspredikers of gesamentlike Uniting Church in the City eredienste met Ross Memorial en Wesley.... Ek het reeds twee van die vyf temas behandel. Die eerste Sondag het gehandel oor lofprysing en aanbidding en verlede Sondag oor Petisie (die uitnodiging om te vra). Eerskomense Sondag se tema handel oor gebede wat nie beantwoord is nie. My invalshoek gaan nie wees oor opsetlike voortgaande sondes wat gebede blokkeer nie, hoewel dit wel gebede onbeantwoord kan laat soos wat Dawid in sy bekende Psalm 51 skrywe. Sondag handel oor die worstelvrae en ervaringe wat ons almal al beleef het; jy bid vir iets en jou gebed word nie beantwoord. Soms l die antwoord nie in die goedkoop maar opregte en dikwels waar antwoord; dat die Here iets beter vir jou wil gee nie. Dit mag soms waar wees maar nie altyd nie. Sondag handel oor die diepe vertwyfeling en worsteling van smeekgebede wat onbeantwoord gelaat is of permament bly. Wat leer die Bybel ons hieroor en hoe moet ons dit verstaan? Die skrywers van die Bybel worstel met hierdie moeilike vraag. Hierdie tema is vir ons almal n uiters aktuele onderwerp, ook wanneer ons ander moet bemoedig. Kom luister, word verdiep en leer gerus Sondag. Ek verseker jou dat jy baie sal put uit die tema: En wat as ons gebede nie verhoor word nie... Soos altyd sing ons lekker saam wanneer ons die Here aanbid en prys met uitstekende orrelbegeleiding. Na die diens kuier en drink ons weer lekker sterk filterkoffie en tee saam. Gratis parkering is soos altyd beskikbaar by die Esplanade Hotel. Jy betaal self by die outomatiese kaartmasjien op vlak 1 en eis die parkeergeld terug van die kerk soos per instruksie op die agterkant van die erediens blaadjie. Ek sien uit om baie van julle eerskomende Sondag om 8.30vm te sien. Geniet julle week en naweek tot dan. Senwense Dr Herman Nienaber

Related searches